Die polisie in Oudtshoorn het Dinsdag ‘n sesde verdagte in hegtenis geneem in verband met ‘n leerling- en bestuurderslisensie-bedrogsaak.
Vyf verdagtes het Maandag in die hof verskyn op aanklag dat hulle vervalsde lisensies in Calitzdorp en Oudtshoorn verkoop het, berig EWN. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, sê ‘n 36-jarige man is ook in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie. Hy het Dinsdag vlugtig in die hof verskyn. Die aangeklaagde het homself baie vroeg Dinsdagoggend aan die polisie oorhandig. Hy besit ‘n bestuurskool in Oudtshoorn.