Beswaar teen skool se loerbroer-plan

Leerlinge en ouers by Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley het beswaar aangeteken teen kringtelevisiekameras wat onlangs by die skool se badkamers installeer is.

Die skool het die kringtelevisiekameras installeer om vandalisme, graffiti en aanranding hok te slaan, berig die Volksblad. ‘n Ouer van een van die matriekleerlinge het egter aan die koerant gesê dat sy dogter nie meer gemaklik voel om die badkamer te gebruik nie.

Henk Brand, die skoolhoof, sê geen kamera is in die toilethokkies installeer nie, die kameras is slegs gerig op die wasbakke en teen die rûe van die seuns wat by die urinale staan. “Die wasbakarea is ‘n deurlopende probleem, aangesien leerlinge op die mure skryf, papiere in die pype druk of die krane laat loop,” het Brand gesê. Die kameras is ‘n paar dae gelede installeer en hy sou Maandag glo tydens ‘n skoolvergadering die situasie in besonderhede verduidelik. “Die kameras sal die hele skool bevoordeel, algemene veiligheid verseker en aanranding verhoed,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.