Beswaarde kerklidmate moet glo eerder bedank

Die Hervormde Kerk het lidmate wat hulself nie meer met dié kerk se leer kan vereenselwig nie, versoek om eerder te bedank.

Die kommissie van die algemene kerkvergadering het glo in ʼn verklaring gesê “dit is beter dat ons in vrede uitmekaar gaan as dat ons mekaar vernietig, die kerk van Christus verder skade aandoen en die eer van God aantas,” het Beeld berig. Ontevrede lidmate het glo vroeër onder die vaandel van die “steedsHervormers” op 3 Junie ’n staat van belydenis verklaar waarin hulle die Hervormde Kerk van verskillende vorme van dwaalleer aankla. Dit is glo een van die sterkste vorms van kerklike protes.

Luidens die berig het die kommissie die staat van belydenis verwerp en gesê dit verketter en veroordeel lidmate en ampsdraers van die kerk onbillik. Volgens die kommissie stel elkeen wat dié staat van belydenis onderteken, hom- of haarself teenoor die Hervormde Kerk, en word sulke lidmate versoek om eerder te bedank.

Die kommissie het egter bygevoeg dat eenheid in die kerk belangrik is en het homself beskikbaar gestel om in gesprek te tree met beswaarde lidmate.

Lees die oorspronklike berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.