Besware teen Gauteng-tolstelsel in November aangehoor

Besware teen die voorgestelde Gautengse tolstelsel sal op 11 November aangehoor word.

ʼn Woordvoerder van die provinsiale wetgewer, Sithembele Tshwete, sê verskeie organisasies en politieke partye het besware ingedien teen die voorgestelde tolstelsel. Hy sê ʼn komitee wat aangestel is om die kwessie te hanteer het besluit om al die besware as een beswaar te hanteer en aan te hoor. Daar is onder meer beswaar aangeteken teen die bekostigbaarheid van die voorgestelde stelsel sowel as die gebrek aan konsultasie voor die projek van stapel gestuur is. Volgens die beoogde tolstelsel sal motorfietsryers 24 sent per kilometer betaal terwyl ligte voertuie 40 sent per kilometer sal moet opdok. Kwalifiserende taxi’s en busse sal nie tolgeld betaal nie. Tshwete het die hoop uitgespreek dat daar tydens die bespreking op 11 November ʼn oplossing gevind sal word rakende die kwessie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.