“Betaal e-tol vroeg, of betaal duur”

Argieffoto

Argieffoto

Motoriste in Gauteng, wat nie vir e-tol geregistreer het nie, moet hul rekeninge so gou as moontlik betaal om te verhoed dat hulle meer moet betaal, het Sanral Sondag gesê.

“As jy nie ʼn e-tolskyfie het nie, en jy betaal nie binne sewe dae nie, is daar ʼn bykomende koste, wat tot drie keer die standaardtarief kan wees,” het Vusi Mona, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gesê.

Motoriste wat nie binne die sewe dae grasieperiode van die datum waarop die motoris deur die eerste tolhek gery het, betaal nie, sal vir ʼn 60%-afslag op die faktuur kwalifiseer indien hulle binne 30 dae, vandat die faktuur uitgereik is, betaal.

Mona sê die e-tolstelsel is regmatig en dat die invordering van e-tol binne drie fases geskied. Die eerste fase is die sewe dae grasieperiode, wat gevolg word deur die oortredingsprosesseringsentrum se skuldinvorderingsproses en uiteindelik vervolging kragtens die Strafproseswet.

Die vervolgingsfase sal begin sodra ʼn motoris nie sy samewerking gee nie sodra ʼn finale aanmaningsbrief deur Sanral uitgereik is.

Mona het dit benadruk dat motoriste, met e-tolskyfies, afslag kry op die tariewe en voordeel trek uit die maandelikse limiet op e-tolgeld. Hy sê mense en organisasies wat die publiek ontmoedig om vir e-tol te registreer moet verantwoordelik optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

pieter potgieter ·

HAhahaha…haha haaaaaaaaa. ! Ek sal nie betaal nie en geniet die grappie hahehehehaaa.

Drikus ·

Los die dreigemente, probleer eers die fakture korrek en betyds by die motoris kry.

GawieM ·

Ek het daardie pad op 05-01-2014 gery en nou nog nie ‘n rekening gekry nie. Nie dat ek dit sou of gaan betaal nie.
Tree verantwoordelik op en haal hulle van julle betaalstate af, so “fire” hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.