Beter belastingbeheer by Waterkloof LMB

Foto: www.planespotters.net

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) beplan om doeanebeheer by die Waterkloof-lugmagbasis en ander sleutel grensposte te verskerp.

Dié besluit is geneem nadat ʼn privaat vliegtuig wat gaste vir die Gupta-familie se troue in Sun City vervoer het, op 30 April by die lughawe geland het sonder dat die regte kanale gevolg is, het The Star Dinsdag berig.

Tim Harris, DA-LP, wou ná die voorval weet waarom SAID-doeanebeamptes nie by die Waterkloof-lugmagbasis teenwoordig was nie. Pravin Gordhan, minister van finansies, het skriftelik hierop reageer en gesê die lugmagbasis is nie as ʼn internasionale lughawe geklasifiseer nie en “nie ʼn kommersiële grenspos onder normale omstandighede nie”. “Die bestuur van die SAID het opdrag ontvang om die lesse, wat uit die voorval geleer is, na te gaan en voorstelle te maak watter veranderinge by relevante grensposte aangebring kan word om doeanebeheer te versterk,” het Gordhan gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.