Bethlehem-inwoners pak misdaad

handcuffs3-320x2574Gedurende die Desember-vakansie het AfriForum se Bethlehem-tak misdadigers behoorlik vasgevat. 30 gesteelde beeste, 16 skape en R13 000 se gesteelde boontjiesaad is terugbesorg aan die eienaars. Boonop was die voertuig wat gebruik is in die saaddiefstal en ʼn 9 mm-pistool veronderstel om in die polisie se besit te wees.

Volgens Cyril Adkins, die voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak is ʼn aantal arrestasies gemaak, onder meer vir die diefstal van koperkabels. “Wildkameras word gebruik om die roetes wat misdadigers gebruik te monitor, en help boere om kennis te dra van enige verdagte aktiwiteite. AfriForum het radio’s en wit ligte verskaf om die patrolleerders se kommunikasie en sigbaarheid te verbeter,” het Adkins gesê.

Met hierdie suksesse het misdaad, veral veediefstal ongelukkig in ander sektore begin toeneem, maar die polisie het AfriForum genader om nou ook by dié sektore betrokke te raak.

Volgens CW Els, AfriForum se organiseerder vir die Vrystaat, sal hulle die polisie bystaan en gemeenskappe die nodige ondersteuning gee om hulle gebiede self te beveilig. “Die samewerking wat ons van die polisie ontvang, is werklik verblydend. Ons besef dat mense geneig is om skepties te wees oor die polisie, maar ons verwelkom hierdie samewerking.”

Inwoners moet by AfriForum aansluit om deel te word van die welslae wat beter en veiliger dorpe vir almal teweegbring. SMS jou dorp se naam na 31336. SMS’e kos 50c.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Sorg tog net dat die polisie nie deel is van die misdaad nie … of inligting te bekom – ons weet mos wat gebeur.

Wel gedaan AfriForum.

Pattie ·

Boonop was die voertuig wat gebruik is in die saaddiefstal en ʼn 9 mm-pistool veronderstel om in die polisie se besit te wees……..NOU HOE GEBEUR DIT?? Dit wil voorkom of die Polisie hier ‘n vinger in die paai het, of hoe kom die goedere wat in hulle besig moet wees, in die hande van misdadigers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.