Bethulie-dubbelmoord: Ses weer in hof

Gordon en Lorraine Adam.

Ses verdagtes, waarvan vier minderjarig is, verskyn Maandag weer in die Bethulie-hooggeregshof in verband met die moord op Gordon (78) en Lorraine (63) Adam.

Die Adam-egpaar se seun, Ashley, het 9 Februarie op sy ouers se liggame in hul huis in Bethulie afgekom. Die egpaar is in hul huis oorval terwyl hulle geslaap het. Gordon is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in die bors en rug gesteek en Lorraine is glo met ʼn panga teen die kop gekap. Vier verdagtes, tussen 15 en 17 jaar oud, en twee 18-jariges, Tshepo Ramatlama en Sphiwe Sakman, staan tereg vir die moorde.

Die hof het vroeër gehoor dat die egpaar altesaam 41 steekwonde tussen hulle gehad het. Die beskuldigdes word aangekla van moord, huisroof en voertuigdiefstal.

Lees ook:
Ses in hof vir moord op bejaarde egpaar
Vyf vas vir Bethulie-dubbelmoord
Bethulie-moorde ruk gemeenskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.