Bethulie-moorde ruk gemeenskap

Gordon (78) en Lorraine Adam (63), ʼn bejaarde egpaar van Bethulie, is Saterdagoggend dood in hul huis aangetref. Dit is die vyfde dubbele moord sedert 2010 in die Vrystaat.

Die egpaar is in hul huis oorval terwyl hulle geslaap het. Gordon is vermoedelik verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in die bors en rug gesteek en Lorraine is glo met ʼn panga teen die kop gekap.

Hul seun, Ashley, het op hul bebloede liggame afgekom. Die aanvallers het toegang tot die egpaar se huis gekry deur die agterdeur oop te breek.

Die aanvallers het in die egpaar se Toyota-bakkie gevlug. Twee vuurwapens en ʼn selfoon is gesteel.

Konst. Maselela Langa, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.