ʼn Gedeelte van die N2-hoofweg in Kaapstad moes Maandag vir verkeer gesluit word nadat betogers oor swak dienslewering die pad versper het.
Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê ʼn groep mense het omstreeks 04:20 naby Airport Approachweg bymekaar gekom en dit met toilette en buitebande, wat aan die brand gesteek is, versper.
Teen 11:50 was die pad steeds gesluit en verkeer is na alternatiewe roetes herlei.
“Die polisie hou die situasie dop, niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Van Wyk gesê.
-Sapa