Betogers brand twee voertuie oor toilette

Twee voertuie is Woensdagaand gedurende ʼn diensleweringsoptog oor toilette in Kwa Thema, in die Oos-Rand, aan die brand gesteek.

Adjudant-offisier Tommy Tomlinson, polisiewoordvoerder, het gesê buiten dié insident is daar geen ander gewelddadige voorvalle aangemeld nie en was die situasie teen Donderdagoggend weer ‘stil’.

“Die gemeenskap het Woensdagmiddag vergader om oor die toilette te praat. Die gebied se raadslede het die inwoners gevra om kalm te bly en hulle twee weke te gun om aan hul vereistes aandag te gee,” het Tomlinson gesê.

Volgens die polisie het betogers kort daarna die strate in gevaar na ʼn kontrakteur, wat veronderstel was om die toilette te bou en die dreineringstelsel te ontwikkel, die gebied verlaat het.

Dié insident volg ʼn reeks diensleweringsoptogte wat sedert Maandag landswyd uitgebreek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.