Betogers eis tolgeld

Argieffoto

Betogers wat paaie in Sterkspruit in die Oos-Kaap versper, forseer motoriste om R50 te betaal om die paaie te gebruik.

Die Daily Dispatch het Maandag berig dat paaie tussen Lady Grey en Sterkspruit geblokkeer word.

Die betogers, wat glo lede van die Sterkspruit Civic Society (SCS) is, eis om ʼn onafhanklike munisipaliteit te hê wat nie deel is van die Senqu-munisipaliteit nie. Hulle kla ondermeer ook oor dienslewering en beweerde korrupsie en nepotisme in die munisipaliteit. Leerlinge in Sterkspruit kon sedert 11 Februarie nie by hul skole uitkom nie omdat paaie met klippe en buitebande wat aan die brand gesteek is, versper word.

Mcebisi Mgojo, voorsitter van die SBA, het die inwoners se optrede sterk veroordeel. “Dit is ontoelaatbaar dat voertuie met klippe bestook, mense aangerand en noodvoertuie toegang tot paaie geweier word,” het Mgojo gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.