Betogers gooi klippe na voertuie in Roodepoort

Argieffoto: SAPA

ʼn Groep betogers het Woensdagmiddag Randfonteinweg in Roodepoort, Gauteng, met klippe en bande wat aan die brand gesteek is, versper.

“Die betogers sing en dans en gooi klippe na voertuie wat verby ry,” het hoofsup. Wayne Minnaar, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.

Hy het motoriste aangeraai om Randfonteinweg te vermy. Die polisie is na die toneel ontbied.

Intussen betoog inwoners in Orange Farm ook en word motoriste versoek om nie van die Golden Highway gebruik te maak nie. Dit is nie bekend waaroor die mense betoog nie. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stoere Boer ·

Hulle noem dit “In Service Training”. Dit gaan lankal nie meer oor dienslewering. Dit is die rookskerm. Dalk weet Malema of Zuma of iemand dalk met watse oefeninge die klomp besig is.

Trippie ·

Jy het my nou lekker laat lag !

Ek lees hier, (dis nou te sê as my oë my nie bedrieg nie) – die spul sing en dans ?!?!?! Regtig, SING EN DANS ?

esther horn ·

Dis mos lekke om v niks te betoog nie wnt hulle mag mos hulle kom altyd daarmee weg

Trippie ·

Nou waar is die kjeeners ? Word hulle nie vandag uit die skool gehaal om saam te “protest” nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.