Betogers maak amok naby Sandton

Betogers by Marlboro. Foto: Christa van der Walt/EWN

Verkeer in Johannesburg naby Sandton is Woensdagoggend erg ontwrig nadat betogers die Marlboro-afrit op die M1-deurpad met klippe en bande wat aan die brand gesteek is, versper het.

Volgens EWN is daar ʼn sterk polisieteenwoordigheid in die gebied. ʼn Groep betogers het na die gebied opgeruk nadat die Johannesburgse metropolisie onwettige plakkershuise in die gebied gesloop het. Die pad wat na Marlboro Gardens lei is ook vol versperrings. Sommige betogers loop rond met stokke en bottels. Hulle beweer hulle is nie vroegtydig van die uitsettings in kennis gestel nie en het nêrens anders om heen te gaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.