Betogers maak stem dik in Sasolburg

Betogers in Sasolburg. Foto: @southafrica_sos / Twitter

Honderde ontstoke inwoners van Zamdela, buite Sasolburg in die Vrystaat, het Woensdag na die munisipale gebou gestap om aan te dring dat die burgemeester uit sy amp verwyder word.

Die betogers het ʼn memorandum, wat griewe teen burgemeester Brutus Mahlaku bevat, by die munisipale gebou oorhandig. Een van die betogers het gesê daar is bedrog en korrupsie in die munisipaliteit. Hulle beskuldig ook die burgemeester dat hy nie na die inwoners luister nie.

Die betogers het agter twee polisievoertuie geloop, hande vasgehou en gesing terwyl hulle gestap het. Hulle het vir toeskouers geskreeu om by die optog aan te sluit.

ʼn Groot polisieteenwoordigheid was op die toneel.

In Januarie is minstens 238 mense in hegtenis geneem nadat geweld in Zamdela uitgebreek het. Inwoners het toe betoog oor planne om Sasolburg met die Ngwathe plaaslike munisipaliteit te laat saamsmelt.

Lees ook:
Sasolburg-geweld eis vier
Foto’s: Nog ‘n betoger sterf in Sasolburg-geweld
Sasolburg: Betogers bestorm polisiestasie
Foto’s: Situasie vererger in Sasolburg
Honderde vas vir Sasolburg-protes
Sasolburg-betogings: Polisie aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.