Betogers met rubberkoeëls verdryf

Argieffoto

Die polisie het Dinsdag rubberkoeëls gevuur om inwoners, wat by Kliptown in Johannesburg betoog het, te verdryf.

“Die inwoners het met mense van Eskom en die Johannesburgse metropolisie baklei, so die polisie moes die rubberkoeëls vuur om hulle te verdryf,” het kapt. Nomvula Mbense, woordvoerder van die polisie, gesê. Sy sê die inwoners betoog omdat Eskom van plan is om onwettige elektrisiteitverbindings aan die Metrorail-spoor in die gebied te ontkoppel.

Lede van die gemeenskap het glo ook plastiek en rommel op spoorlyne aan die brand gesteek. Metrorail het besluit om die onwettige verbindings te ontkoppel, aangesien dit ‘n ernstige bedreiging inhou vir lede van die gemeenskap wat van Metrorail gebruik maak.

Ten minste vyf mense is in hegtenis geneem en na die Eldorado Park-polisiestasie geneem. Niemand is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.