Betogers staak by kragstasie

Bedrywighede by die Medupi-kragstasie in Lephalale, Limpopo, is Donderdag steeds opgeskort na ʼn betoging deur konstruksiewerkers.

“Die stasie is nie toe nie, maar bedrywighede is wel opgeskort. Daar is mense wat werk,” het Hilary Joffe, Eskom se woordvoerder, gesê.

“Ons is besig om met kontrakteurs te onderhandel om die bedrywighede so gou as moontlik na normaal te laat terugkeer.”

Altesaam 25 werkers is Woensdag beseer toe geweld by die stasie uitgebreek het. Betogers het busse met klippe bestook en probeer verhinder dat hul kollegas gaan werk.

Die betogers is hoofsaaklik lede van Numsa en is glo ontevrede met bonusse wat aan hulle uitbetaal is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.