Betogers versper deurpad

Argieffoto

ʼn Groep van sowat 100 mense het Maandagoggend ʼn gedeelte van die N1-deurpad naby Touwsivier in die Wes-Kaap versper om teen dienslewering te betoog.

Adjudant-offisier November Filander, ʼn polisiewoordvoerder, sê die hoofweg is vir verkeer by Touwsrivier gesluit. “Die pad word versper met betonblokke en bande wat aan die brand gesteek is,” het Filander gesê.

November sê die groep betoog sedert 05:00 oor behuising. “Motoriste van Laingsburg en Kaapstad word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak,” het hy bygevoeg.

Die polisie is op die toneel en hou die situasie dop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.