Betogers versper Hebron-snelweg

'n Betoger van Sebokeng wat Woensdag 'n band aan die brand gesteek het. Foto: SAPA

‘n Betoger van Sebokeng wat Woensdag ‘n band aan die brand gesteek het. Foto: SAPA

ʼn eNCA-video volg onderaan die berig oor meer diensteleweringsbetogings.

Die Molefe Makinta-snelweg in Hebron, Noordwes, moes Vrydag vir verkeer gesluit word nadat betogers die pad oornag met bande en klippe versper het.

“Ons vermoed die snelweg is oornag versper, want daar is tans nie betogers wat in die gebied byeenkom nie,” het kol. Sabata Mokgwabone, ʼn polisiewoordvoerder, teen 09:00 gesê.

Motoriste word deur die verkeerspolisie na alternatiewe roetes herlei, terwyl die snelweg opgeruim word.

Betogers het Donderdag paaie in Erasmus en Hebron met bande wat aan die brand gesteek is, klippe en boomtakke versper. Die betogers betoog oor dienslewering, veral oor ʼn tekort aan water. Hulle is glo ongelukkig oor terugvoer wat hulle Woensdag van die Madibeng-munisipaliteit se waarnemende burgemeester, Matshidiso Mangoathe, ontvang het. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.