Betogers versper paaie in Roodepoort

Argieffoto

Argieffoto

Betogers in Roodepoort, Johannesburg, het Donderdagoggend paaie in die gebied met klippe en brandende bande versper.

“Motoriste word versoek om van alternatiewe roetes gebruik te maak, die betogers gooi klippe na verbygaande voertuie,” het senior supt. Wayne Minnaar, die woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gewaarsku.

Volgens Minnaar moet motoriste gebruik maak van Albertina Sisulu-, Impala- en Ontdekkersweg. Verkeersvloei van Randfontein en Krugersdorp, wes van Johannesburg, word erg beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

joannes blom ·

Wys net weer hulle is nie net onnosel nie hulle is rassisties ook EN HULLE WEET NIE WAT HULLE WIL HE NIE..Die doel van ‘n demokrasie is as een party regeer en hy maak droog dan gee jy ‘n ander party ‘n kans.maar die klomp eis net en of hulle stem nie of hulle stem weer vir die ANC (african corruption party).Ek bly in Roodepoort en wil he almal moet weet so 3, 4 jaar gelede het die Gauteng regering ‘n stuk grond langs die spruit gekoop en tans is daar volgens wat toe vir die gemeenskap wittes en plakkers gese is tydelik sodat daar van die plakkers hutte afgebreek kan word om so dan permanente goedkoop huise te bou en die plakkers het geweier want hulle het toe gese as hulle trek is die grond oop en ander sal hulle plek vat en nou eis hulle weer maar hulle WIL NIE TREK NIE.
WAT WIL HULLE NOU EINTLIK HE?

JOHANNE BLOM ·

Ek sal graag ook die D/A en VF+ se kommentaar wil sien/hoor want hulle was teenwoordig by die vergaderinge.

GawieM ·

Daar moet vir ‘n slag na die oorsaak of simptome gekyk word. Waarom betoog hierdie mense. Maak nou nie saak of hulle betaal of nie betaal nie. Daar woord nie diens gelewer nie, end van die prent. Wat word gedoen teen daardie persone wat betaal word om dienste te lewer en dit nie doen nie? NIKS.
So hulle sal so aangaan en niks doen nie, hulle word dan toegelaat om niks te doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.