Betogers versper Roodepoort-pad

Argieffoto

ʼn Pad in Roodepoort, wes van Johannsburg, was Woensdagoggend vir verkeer gesluit nadat betogers buitebande wat aan die brand gesteek is en klippe op die pad gegooi het.

Wayne Minnaar, die woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het Woensdagoggend gesê Randfonteinweg tussen Colettelaan en Impalalaan was vir verkeer gesluit.

Minnaar het motoriste aangeraai om Ontdekkersweg as ʼn alternatiewe roete te gebruik.

Die pad was teen 09:00 weer vir verkeer oopgemaak. Dit is in die stadium nie seker waarom die mense betoog nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.