Betoging in Mpumalanga oor watertekort

Argieffoto

Argieffoto

Een man is tydens ʼn diensleweringsbetoging in Pienaar, Mpumalanga, in hegtenis geneem.

“ʼn Man van Mosambiek is Sondag in hegtenis geneem en sal Dinsdag op aanklag van openbare geweld in die KaNyamazane-landdroshof verskyn,” het brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die inwoners het betoog oor ʼn tekort aan water in die gebied en het die paaie met klippe en bome versper.”

Mohlala sê die situasie was Maandagoggend kalm en die paaie is weer oopgestel. “Die polisie monitor die gebied.”

Mohlala doen ʼn beroep op inwoners om vreedsaam te betoog. “Hulle moet vreedsaam betoog en dit moet ʼn beskermde betoging wees. Inwoners moet nie paaie versper nie, aangesien dit motoriste se lewens in gevaar stel.”

‘n Vierde persoon is Maandagoggend dood ná betogings oor watertoevoer in Brits, Noordwes. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

amelia ·

Wat soek n man van Mosambiek hier Hier is nie eers genoeg vir ons eie mense nie Nou wil hy nog betoof Gaan dan terug Mosambiek toe

GawieM ·

Sou al hierdie betogings plaasgevind het indien dienste gelewer word?

Eben ·

Stem GawieM dit su nie gebeur het. Hulle moet di eplek omkeer dat aandag gegee word. Wie is Selvy Mohlala as hy by die huis is? Hoe sou/sal hy reageer het as hy nie water gehad het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.