Betoging op Kaapstad-snelweg

Verkeer word herlei van die N2 Foto deur die gebruiker @SouthAfrica_SOS op Twitter gelaai

Meer as 70 mense het Donderdag tydens ‘n diensleweringsbetoging buitebande op die N2-snelweg in Kaapstad gebrand en motors met klippe bestook.

“Die polisie is omstreeks 07:00 oor die betoging ingelig,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. Die betogers was hoofsaaklik van Langa en Philippi-Oos. Kinana sê die polisie het die betogers laat verdaag. Hulle het egter later weer in Lansdowneweg begin betoog. “Geen beserings is aangemeld nie en die polisie hou die situasie dop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.