Betoging vir behoud van Goeie Vrydag en Kersdag

ʼn Groep betogers het ʼn memorandum aan die minister van binnelandse sake, Naledi Pandor, oorhandig om hul teenstand te wys teen die verwydering van Goeie Vrydag en Kersdag as openbare vakansiedae.

Nagenoeg 100 mense het Saterdag voor Konstitusieheuwel in Johannesburg betoog. Eerw. Kenneth Meshoe, ACDP-leier, het ʼn memorandum van verstandhouding aan Pandor oorhandig waarin hulle die Kommissie vir die Beskerming en Bevordering van Kulturele, Geloofs- en Taalgemeenskappe se mosie teenstaan. Die kommissie het vroeër vanjaar bekendgemaak dat hy openbare vergaderings beplan oor die behoud van Goeie Vrydag en Kersdag as vakansiedae, nadat hy klagtes gekry het dat die twee dae net Christenskap erken en onregverdig en diskriminerend is. Meshoe sê hulle glo nie dat die twee dae teen ander gelowe diskrimineer nie. “Volgens Statistieke Suid-Afrika, maak Christene 79,5% van die land se bevolking uit,” sê Meshoe. Hy meen die bestaan van die twee vakansiedae op die kalender weerspieël die meerderheid se siening. Pandor het aan die betogers gesê dat sy nog nie enige navrae van die kommissie ontvang het nie en het die groep aangemoedig om “voor te berei vir ʼn vrolike feesseiseon.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.