Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”

Die hoofstraat in Swellendam 15 November 2012 Foto: Dirk Smit Havenga

ʼn Paar honderd vermeende plaasarbeiders het Dinsdag in De Doorns, Paarl en Worcester bymekaargekom.

Gemeenskapsleiers sou die groep toespreek oor loonbetogings, berig EWN. Ten minste 200 vermeende werkers het in die Hexriviervallei-dorpie op ʼn atletiekveld oorkant Stofland-informele nedersetting saamgedrom.

ʼn Gewelddadige staking in November het in De Doorns begin toe vermeende werkers amok gemaak het en op ʼn dagloon van R150 en beter werks- en lewensomstandighede aangedring het. Die hoogste bedrag wat deur die boere aangebied is, is R80. Die arbeiders verdien tans tussen R69 en R75. Twee mense is in die staking dood en eiendom is beskadig, insluitend wingerde wat afgebrand is. Die staking is uitgestel om die betrokke partye die geleentheid te bied om oor die lone te onderhandel. Die sperdatum vir die onderhandelings is 4 Desember.

Honderde vermeende plaaswerkers het Dinsdag ook in Paarl aan ʼn optog deelgeneem om ʼn memorandum van hul eise vir verbeterde arbeidsomstandighede te oorhandig, berig Women on Farms.

Carmen Louw, woordvoerder vir Women on Farms, het gesê die groep het omstreeks 11:00 na Agri Wes-Kaap se gebou in Marketstraat vertrek. “Dit gaan goed met die optog. Ons het ʼn memorandum oorhandig en stap nou na die departement van arbeid in die Paarl,” het sy gesê.

Dié groep versoek ook dat boere nie meer van arbeidsmakelaars gebruik moet maak nie, nie meer werkers moet uitsit nie en ʼn onderhandelingsraad vir die landbousektor moet instel.

Porchia Adams, woordvoerder van Agri Wes-Kaap, het gesê daar is Dinsdag nog geen klagtes van erge geweld aangemeld nie. “Die enigste voorval waarvan ons bewus is, het in Groendal, Franschhoek, plaasgevind, toe ʼn groep mense klippe na ʼn vragmotor, wat werkers vervoer het, gegooi het. Sy kon nie gerugte bevestig dat twee mense met rubberkoeëls geskiet is nie.

ʼn Groep mense in Worcester het vroeg Dinsdagoggend gedans, gesing en motorbande aan die brand gesteek. Kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die polisie in Worcester, het gesê die brand is geblus en die situasie is onder beheer.

André Traut, woordvoerder vir die polisie in die Wes-Kaap, het gesê geen sake van geweld is nog aangemeld nie.

Lees ook:
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.