Betogings in die Wes-Kaap opgeskort

Betogers in De Doorns Foto deur die gebruiker @justkoyana (Xolani Koyana) op Twitter gelaai

Die vermeende plaasarbeiderstaking in die Wes-Kaap is Woensdag vir ‘n week lank opgeskort.

Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van die vakbondfederasie Cosatu, sê die betogings sal volgende week Woensdag hervat word indien AgriSA nie aan sekere voorwaardes voldoen nie. “Die enigste ding waaraan AgriSA werklik moet voldoen is dat hulle nie werkers, wat opstaan en teen die daaglikse hongersnood-loon van R69 betoog, sal viktimiseer nie.” AgriSA moet glo ook hul “vorige verpligtinge aan plaaslikevlak-ooreenkomste” nakom. Indien die landbouhandelsvereniging nie instem nie, sal die betogings in die algemeen of in die betrokke dorpe hervat word.

Vermeende plaaswerkers het verlede jaar begin staak en geëis dat hul dagloon van R69 na R150 verhoog moet word en dat ‘n samehangende grondhervormingsprogram ingestel moet word. Die staking is in Desember opgeskort, maar het verlede week Woensdag weer in verskeie dorpe in die provinsie hervat.

Ten minste 180 mense is sedert verlede week Woensdag in verband met die betogings in hegtenis geneem.

Johannes Möller, president van AgriSA, het vroeër in ‘n verklaring gesê dat geen landbouloonooreenkoms tot dusver in die land gemaak is nie. “’n Enkele boer in Clanwilliam het ‘n ooreenkoms aangegaan wat deur Cosatu verwelkom is en word nou deur hulle as ‘n kollektiewe ooreenkoms met Clanwilliam-boere voorgehou,” het Möller gesê. Hy sê Cosatu beskou hierdie geïsoleerde ooreenkoms as een wat as ‘n “toonaangewend” voorgehou kan word. Die aanbod word glo nie deur ander boereleiers en hul organisasies in die gebied as ‘n kollektiewe ooreenkoms ondersteun of gemandateer nie. AgriSA het herhaaldelik ‘n beroep op individuele boere gedoen om met hul werknemers te onderhandel, en dit het glo plaasgevind.

Nerine Kahn, direkteur van die Kommissie vir Versoening, Bemiddelling en Arbitrasie (KVBA), het gesê gelokaliseerde kollektiewe ooreenkomste sal die staking oplos.

Cosatu-leiers en dié van ander vakbonde het ooreengekom dat, as Agri Wes-Kaap in die openbaar sy ondersteuning vir sulke onderhandelings sal bekendmaak, dit die einde van die dispuut kan beteken.

Lees ook:
De Doorns-onluste: Naam van oorledene bekendgemaak
De Doorns: Joernaliste loop deur
De Doorns-onluste: ANC wil staking opskort
Wes-Kaap- onluste: Boere moet onderhandel sê minister
De Doorns-oproer: Polisie gebruik waterkanon
De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Wes-Kaap-staking begin weer volgende week
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.