Betogings in Noordwes raak gewelddadig

Die Vryburg-polisie sukkel sedert Maandag om protesoptredes in Noordwes wat gewelddadig geraak het, te ontlont. 'n Stuk pad wat na vier jaar en vele beloftes nog nie geteer is nie, is glo die oorsaak van die geweld. Foto: channel24.co.za

Vyftien mense is Dinsdag in hegtenis geneem nadat betogings oor dienslewering in Lomanyaneng gewelddadig geraak het.

Volgens Brigadier Thulane Ngubane het die gemeenskapsradiostasies bande aan die brand gesteek en paaie versper. Die inwoners het ook geëis dat van hulle raadslede bedank. Ngubane het gesê die Vryburg-polisie sukkel sedert Maandag om protesoptogte in Dipodi, Sothey, Kgokgole en Tlapeng te ontlont.

ʼn Swanger vrou is Dinsdag in Southey dood toe ʼn ambulans nie verby die padversperrings in die dorp kon kom nie. Polisievoertuie is met klippe bestook en winkels wat aan buitelanders behoort, is gevandaliseer. Kinders kon sedert die begin van die week nie skoolgaan nie.

Ngubane het gesê sover die polisie kan vasstel, het ʼn stuk pad glo tot die gemeenskap se protesoptredes gelei. Na vier jaar en vele beloftes is die pad steeds nie geteer nie.

Die vyftien verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle voertuie met klippe gegooi het en ʼn weiveld aan die brand gesteek het. Hulle sal binnekort in die Mmabatho landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.