Die polisie ondersoek ʼn beweerde brandstigtingsaanval by Luthuli House, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg.
Brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, het Woensdag gesê die polisie ondersoek bewerings van brandstigting nadat ʼn brand Dinsdagaand in die gebou uitgebreek het. “ʼn Amptelike kriminele ondersoek oor die voorval by Luthuli House is van stapel gestuur,” het Malila gesê.
Die ANC het gesê die brand het die ontvangsgebied beskadig en ʼn rusbank is vernietig. “ʼn Gebreekte bottel is op die vloer aangetref,” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, gesê. “Sekuriteitspersoneel het brandblussers gebruik om die vlamme, wat bykans tot teen die dak in die ontvangs gestrek het, onder beheer te bring.”
Lees ook:
ANC oortuig brand is vuilspel
En die hele POLISIEMAG sal ingespan word om hierdie verskriklike kriminele daad te ondersoek! Wha ha ha nou brand hulle al hulle eie kantore af. Wou seker van belangrike bewyse ontslae raak en toe vat alles vlam want daar is so baie dokumente om te verbrand!
Sou gaaf wees indien ‘n paar van die kaders daarbinne was ;)
√
Goeie more JAVR !
Ai ja blommie!!! Maar mens kan seker nie alles in die lewe kry nie nê!