Beweerde SAPD-dreigemente oor verkragting ondersoek

Die polisie in Sinoville ondersoek tans ʼn klag deur ʼn vrou wat beweer dat polisiebeamptes van dié stasie haar verbaal geteister het.

Mirna von Beneke, woordvoerder vir die polisiestasie in Sinoville, het Maroela Media Woensdag in kennis gestel dat hulle ʼn skriftelike klag van die vrou ontvang het en dat hulle nou die nodige bewyse sal ondersoek. “Die vrou wil nie ʼn klag lê nie,” het Von Beneke gesê. “Ons sal hierna ʼn onderhoud met haar voer en die amptelike proses volg.”

Maroela het Dinsdag berig dat die 28-jarige vrou Maandagoggend glo verbaal deur polisiebeamptes geteister is. “Dit sal soos Marikana wees,” het die beamptes glo aan haar gesê en haar gevra of sy al ooit deur ʼn polisieman verkrag is.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Magda Volschenk ·

Ek is ‘n 33 jarige blanke vrou. En ek is ook al talle kere gedreig deur ‘n speurder en polisiemanne by Sinoville polisie stasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.