Beweringe van grumarteling in SA-tronk

Mangaung tronkGruverhale ontvou in die buitelandse media oor hoe personeel van die G4S se geprivatiseerde Mangaung-tronk buite Bloemfontein met gevangenes werk.

Die regering het onlangs die tronk by die G4S ná ‘n gyselaarsituasie oorgeneem, omdat gemeen is die personeel het beheer oor die tronk verloor. Die tronk is vir geharde misdadigers.

‘n Oud-bewaarder, wat anoniem wou bly, het in grusame besonderhede aan die BBC vertel hoe gevangenes van hul klere gestroop, natgespuit en dan elektriese skokke toegedien is. “Sommige het hul bewussyn verloor en dan het ons hulle gelawe en weer geskok wanneer hulle bykom,” het die man aangevoer. Hy sê die probleem was omdat G4S, ‘n Britse maatskappy, te min bewaarders aangestel het. “Die enigste manier hoe beheer oor die gevangenes behou kon word was om ‘n skrikbewind te voer.”

Onder die misdade waaronder die te min bewaarders aan die hand van gevangenes deurgeloop het was verkragting, gyselhouding en messteke. Die toestand word nou deur die regering ondersoek.

Die Nederlandse koerant Trouw berig dat die Universiteit van Johannesburg ook ná onderhoude met 30 aangehoudenes en 14 bewaarders soortgelyke bevindings gemaak het. G4S self het glo geen fout in ‘n eie ondersoek gevind nie. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

annerie cilliers ·

Vir die wat belangstel , G4S maksimum sekuriteits gevangenis is die tronk waarna toe die staat al die geharde misdadigers stuur wat die stAats tronke nie voor kans sien nie . Die spreekwoordelike room van die oes sit daar by G4S in Bloemfontein . Langs G4S tronk is Grootvlei gevangenis waar die bewaarders erger smokkel as die inwoners van die tronk . Daar is selfone in die selle en die gevangenis daar is 75 + per sel in n sel wat slegs 35 kan hanteer . , wanneer die gevangenis dan daar oproerig raak en brandstigting pleeg word hul probleme dan net summier oorgeplaas na G4S toe waar daar 2 tot 4 gevangenis in n sel woon en elkeen het sy eie beddegoed en bed om in te slaap . En daar is 1 bewaader per 64 gevangenis .volgens direkte supervisie standaarde is die aanvaarbaar . Dan wil ek ook net noem dat die offissiere se salarisse baie minder is as die van hul kollegas in die diens van die staat. Dit slaan my dronk dat daar altyd deur die media eensydig berig word oor dinge waarvan hulle niks weet nie . Verder almal gaan so tekere oor die regte van die arme mense in die gevangenis wat aangetas word wat van die slagoffers van die gevangenes .in ag genome dat die manne wat by G4S tronkstraf uitdien geharde misdadigers is wat nie sal skroom om te moor en te verkrag nie ! Ek voel jammer vir mense met mense regte ! Wat het geword van opvoeding dan hoef daar nie mense regte te wees nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.