Bewerings van knoeiery in Tlokwe-tussenverkiesings

IEC+logoAgt onafhanklike kandidate van Noordwes se Tlokwe-munisipaliteit beweer in hofdokumente dat honderde, indien nie duisende, kiesers in die tussenverkiesings nie wettig was nie, berig City Press.

Die verkiesingshof in Bloemfontein sal volgende maand ʼn aansoek deur die onafhanklike kandidate aanhoor. Die kandidate versoek dat die uitslag van die tussenverkiesings ter syde gestel moet word en dat ʼn onafhanklike ondersoek gedoen moet word. Volgens die kandidate se hofdokumente was minstens 500 kiesers geregistreer met adresse buite die wyk-areas en het minstens 600 kiesers vals of onvoltooide adresse op hul registrasievorms voorsien. Daar word ook beweer dat 31 kiesers geherregistreer is in die betwiste wyke en na Tlokwe aangery is om te stem. Mosotso Moepya, die Onafhanklike Verkiesingskommissie se hoofverkiesingsbeampte, voer egter in hofdokumente aan dat “geen bewysmateriaal al voor die hof gebring is om die bewerings te staaf nie.” Die ANC het in Desember tydens die tussenverkiesings ses betwiste wyke behou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.