Beyers Naudeweg weer gesluit weens betogings

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gedeelte van Beyers Naudeweg in Johannesburg moes Woensdagoggend weer vir verkeer gesluit word nadat inwoners van die Zandspruit informele nedersetting naby Honeydew die pad versper het. 

Die polisie is tans op die toneel om die situasie dop te hou. Die metropolisie het motoriste aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak. Die pad is gesluit tussen Johan- en Peterweg.

Die inwoners het Dinsdag ook die pad met klippe en brandende bande versper om te betoog nadat hul onwettige plakkershuise in die gebied deur die Johannesburgse metropolisie verwyder is.

“Die inwoners het onwettige strukture in die omgewing langs Beyers Naudeweg opgerig, wat dit vir motoriste moeilik gemaak het om die pad te gebruik,” het kapt. Doniah Mothutsane Dinsdag gesê.

Die metropolisie het Saterdag die inwoners genader en gewaarsku dat hulle die grond onwettig beset en dat hulle hul strukture moet verwyder. Die inwoners het nie ag geslaan op die waarskuwing nie en die metropolisie het die strukture Dinsdag verwyder, waarna die inwoners oproerig geraak het.

Volgens Mothutsane is twee voertuie in die gebied Dinsdag aan die brand gesteek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.