Beyoncé wil Saartjie Baartman vertolk

Beyoncé. Argieffoto.

Beyoncé. Argieffoto.

Die gewilde popster, Beyoncé, wil die hoofrol in haar eie fliek speel wat die lewe van die Khoi-San-vrou Saartjie (Sarah) Baartman uitbeeld.

Baartman is in die laat 1800’s en vroeg 1900’s in sirkuskonserte weens haar groot agterstewe uitgestal ná sy deur Alexander Dunlop, ʼn ondernemende Skotse dokter, aan Londen bemark is.

Die koerant The Sun het in ʼn onlangse berig gesê die sanger, wat die meeste Grammy-benoemings van alle tye ontvang het, het ʼn groep toneelafrigters en skrywers aangestel om aan die fliek te begin werk. “Beyoncé is desperaat om ernstig as aktrise opgeneem te word. Selfs al het sy ʼn paar goeie flieks gehad, dink sy steeds haar deurbraakrol is op pad,” het ʼn bron aan die koerant vertel.

“Sy wil ʼn draaiboek skryf wat vir haar respek en toekennings in die toneelbedryf gaan besorg, en sy dink Baartman se storie sal dit vir haar moontlik maak. Dit sal vir haar die wêreld beteken om ʼn Oscar te wen,” het die bron vertel.

Aanhangers kan glo na ʼn nuwe album in 2016 uitsien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elizabeth ·

Of wag, ek het nie behoorlik gelees nie. Groot agterstewe? O ok, nou verstaan ek

Dawie ·

As dit gaan oor agterstewe sal Kim Kardashian perfek wees sy het mos geen ander talent nie. ;-)

EMK ·

Ag regtig? Arme Saartjie was nie ‘n POPPIE nie, dis nie net die agterstewe wat tel nie. Los liewer vir Saartjie, sy was in haar lewe so misbruik deur die Europeërs vir die snaaksigheid, laat sy nou in vrede rus.

Nel ·

Geld maak, geld maak, geld maak… Vra maar die History kanaal, historriese akkuraatheid beteken niks nie

Nel ·

Geld maak, geld maak, geld maak… Vra maar die History kanaal, historriese akkuraatheid beteken niks nie.

Kyk maar net hoe apartheid deur daardie skelms uitgebeeld word

a ·

Genugtig. Beyonce se sterre in die son? dit sal mense in hulle grafte laat omdraai. Ek moet se die kardasian dame het dalk n beter kans om soos saartjie te lyk..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.