BFN-akademie kan gays glo “genees”

‘n Christelike kunsakademie in Bloemfontein is in die spervuur nadat hulle bemark het dat hulle homoseksuele studente kan “genees”.

Die Sunday Times het berig dat die Creare Opleidingsentrum se prospektus beweer dat hulle gay studente deur middel van “rehabilitering” in heteroseksuele kan verander. Gayregte-aktiviste het dit as “tragies, skandelik en kwetsend” beskryf.

Cornelius van Heyningen, stigterslid van Creare, het egter ontken dat die instansie diskriminerend is. “Ons maak voorsiening vir diegene wat sê hulle wil as homoseksuele verander. Ons sê nie dat homoseksuele nie toegelaat word nie,” het Van Heyningen gesê. Hy vergelyk die akademie se standpunt jeens homoseksualiteit met ‘n dwelmrehabilitasieprogram.

Luidens die prospektus is gay studente wat nie hul leefstyl wil verander nie, egter nie welkom nie.

Dawie Nel, direkteur van die gayregte-organisasie, OUT, het gesê die akademie se houding is ongrondwetlik. “Hul bewerings stook diskriminasie teen lesbiërs, gay, biseksuele en transseksuele mense soos die verkragting van gay mans en vroue om hulle te ‘genees’ of selfs moorde wat gepleeg word,” het hy gesê.

Luidens die berig is die akademie se bewerings kragtens die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie van 2006 onwettig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Living Divine ·

Hi Mensies, maar is vandag se volk darem nie vreeslik nie… ek stem saam die mense van OUT, waarom nie konsentreer op die plekke waar daar seer ingekom het en mense gedryf het na homoseksualiteit nie. Kom ons wees nou vir eens baie eerlik met mekaar… nie almal is gebore gay nie, en nie almal is gebore straight nie. Nes jy nie ‘n gebore christin of hindo is nie. Ons moet soms spasie los maak vir groei en ontwikkeling. Baie mense kan nie help dat hulle ‘n sekere seksualiteit verkies nie, maar… sou dit nie darem wonderlik gewees het as mens ‘n instansie kon kry, wat ALMAL wil help wat seer gekry het, en wat mense leiding kan bied as hulle van straight af wou oor swaai na gay toe, of besef dat hulle nie wil gay wees nie, en terug wil swaai na straight toe. Dis ‘n seer proses, en dit kom saam baie skommeling. Baie twyfel, en mens wens soms dat daar net iemand kan wees wat open minded kinders van onse Vader is om jou te help… As christine is ons eerste en grootse Wet… Om God lief te he bo alles, en dan om ons medemens lief te he… God stel dit duidelik dat ons judgment moet los vir HOM, HY is AL EEN wat geregtiglik mag oordeel. Hy vra dat ons mekaar moet vergewe soos ons ons self moet vergewe. Dat ons nie ons vingers in ander se oe moet steek nie, en eers die balke uit ons eie moet vat. En Hy se dat een sonde is net so groot soos ‘n ander sonde, tensy ons teen die Heilige Gees sondig, dis onvergeefbaar. Ek verstaan dat gay ‘n sonde in baie se oe is, maar tog word dit nie in die tien gebooie genoem nie… moord, steel en lieg is daar… maar niemand maak ‘n te vreeslike opskop of bohaai daaroor nie… Ek dink as medemens moet ons ophou om al ewig foute by mekaar te soek en te probeer beter wees as ander, want God het ons geleer om eeder ons by die nederiges te skaar, as om op die stadspleinte te staan en bid. Eeder saam die tollenaars ‘n maaltyd te geniet as om by die Heiliges te vergader. Besef dat JY dalk die enigste persoon is wat iemand Jesus in kan sien… Hy het nie gekom vir die Heiliges nie… Hy het gekom vir die sondaars. En soos Timoteus gese het… Ek was die grootste sondaar van almal, tog het hy my gered! Come on people, lees julle Bybels en begin Jesus se voetspore volg… en hou op om al ewig sleg te saai, wat ander christine in ‘n slegte lig stel. Ons God is ‘n God van Liefde, die God wat was,wat is en wat altyd sal wees. Die Groot Ek is… kom ons probeer eeder meer soos Jesus te wees… as om Heilig te probeer wees… Jesus Rule! Mwhapsiees xxx Over and Out Living Divine

henry ·

Mens kan nie kies om gay of straight te wees nie, mens kan wel kies met wie jy wil slaap, maar dit verander nie wie jy is as mens nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.