BFN-gyselaarsdrama beëindig

tronkdeurʼn Vroulike werknemer van die Manguang-maksimumsekuriteitsgevangenis in Bloemfontein is ongedeerd na ʼn gyselaarsdrama by die tronk.

Andy Baker, hoof van G4S Africa wat die sekuriteit by die tronk verskaf, het bevestig dat die vrou gered en ongedeerd is. Hy sê sy is omstreeks 22:15 Woensdagaand vrygelaat nadat sy die oggend deur vier gevangenes gyselaar geneem is. “Ons is baie bly om te kan rapporteer dat ons werknemer nie seergekry het gedurende die gyselaarssituasie nie en dat sy die nodige sorg en berading sal ontvang.” Meer as 300 lede van die polisievakbond Popcru is onlangs by die tronk afgelê nadat hulle aan ʼn onwettige staking deelgeneem het. Dit is nog nie duidelik of daar ʼn verband tussen die voorvalle is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.