BFN-gyselaarsdrama: Dokter bevry

‘n Dokter van die Mangaung-gevangenis is Dinsdagoggend omstreeks 07:00 vrygelaat nadat hy vir meer as 20 ure lank deur twee gevangenes gyselaar gehou is.

“’n Taakspan van die polisie het by die vertrek ingebreek en die dokter bevry. Hy is nie beseer nie,” het brig. Billy Jones, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat gesê. Die twee mans is in hegtenis geneem. Hulle het Maandagoggend omstreeks 10:35 by die mediese kamer ingebreek en die dokter en ‘n verpleegster gyselaar gehou. Hulle het die verpleegster later bevry. Die twee het haar glo aangerand. Sy het kneusplekke en geringe beserings opgedoen.

Die mans het regdeur Maandagaand hul eise verander. Hulle wou glo na ‘n gevangenis in Gauteng oorgeplaas word.
Die Mangaung Korrektiewe Sentrum is buite Bloemfontein geleë.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.