BFN-man en vrou oorleef wonderbaarlik

Foto deur die gebruiker @ER24EMS op Twitter publiseer

ʼn Man en ʼn vrou het Sondagaand wonderbaarlik sonder enige ernstige beserings uit ʼn wrak geklim nadat hulle in ʼn ligpaal vasgery het.

Die ongeluk het in Kerkstraat, Bloemfontein plaasgevind, het Vanessa Jackson, woordvoerder vir ER24 berig. Die voertuig was erg beskadig, aangesien die ligpaal deur die middel van die motor gesny het en die paramedici was aanvanklik oortuig dat die insittendes ernstig beseer sou wees. Die paartjie, beide in hul 30s, het egter net ligte snye en skrape opgedoen.

Dit blyk dat die man beheer oor die voertuig verloor het, die voertuig oor die pad geswenk en in die paal vasgejaag het. Die impak van die ongeluk was so groot dat die paal deur die metaal geskeur het, en wonderbaarlik die vrou, wat in die passasiersitplek gesit het, gemis het.

Paramedici het die paartjie per ambulans na die hospitaal geneem vir verdere ondersoek en om seker te maak dat daar geen moontlike beserings is nie. Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.