BFN Mediclinic-bomplanter weer in die hof

Bernard Koekemoer (30), die sogenaamde Mediclinic-bomplanter, het vandag weer in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Koekoemoer was vir sielkundige waarneming in die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks voordat hy op borgtog uitgelaat is, berig OFM. Koekemoer het tydens sy eerste hofverskyning gesê dat hy vroeër met bipolêre gemoedsversteuring en skisofrenie gediagnoseer is.

Koekemoer het op 30 Junie vanjaar Mediclinic Bloemfontein geskakel en gesê dat hy bomme regoor die hospitaal geplant het.

Hy het beweer dat hy verskeie bomme in die hospitaal geplant het en dat hy dit sou aktiveer indien hy nie ʼn wesenlike kontantbedrag ontvang nie. Hy wou glo dadelik R400 000 hê en op 2 Julie R2 miljoen in sy bankrekening inbetaal hê. ʼn Voorwerp met ʼn plofbare vloeistof is in een van die badkamers in die dokters se spreekkamerblok in die Mediclinic aan die brand gesteek. Die hospitaal se sekuriteitspan het dadelik reageer en die brand geblus. Die polisie se bomeenheid is ontbied en hulle het die gebied deursoek voordat hulle dit veilig verklaar het. Danksy kringtelevisiekameras, kon Koekemoer uitgeken word. Klik hier om meer te lees.

Hy staar aanklagte van brandstigting en intimidasie in die gesig.

Koekemoer se vrou is glo ‘n werknemer van die hospitaal.

Sy saak is tot 14 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.