BFN-paartjie sterf in brand in aftreeoord

ʼn Bejaarde paartjie het Donderdagaand in hul huis in Vleurdal-aftreeoord in Bloemfontein gesterf ná ʼn brand uitgebreek het.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 sê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar volgens sekuriteitsbeamptes by die aftreeoord het die brand omstreeks 02:30 uitgebreek. Onderskeie noodpersoneel het na die toneel gehaas en het die losstaande eenheid in ligte laaie sien staan. Die bejaarde paartjie wat in die eenheid gewoon het, beide in hul 70s, het in die brand gesterf en is op die toneel dood verklaar. Die voorval sal deur die owerhede ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.