BFN-plaasaanvalslagoffers sterk aan

Pieter en Elsa Korvel. Foto: Facebook

Pieter en Elsa Kolver, wat Saterdagoggend op hulle kleinhoewe in Bainsvlei naby Bloemfontein aangeval is, sterk steeds aan in die hospitaal.

Kol. Thandi Mbambo, ʼn polisiewoordvoerder, sê die twee mans wat die egpaar aangeval het is steeds soek. Pieter (58) is twee keer geskiet en minstens 11 keer met ʼn mes gesteek. Elsa (55) is met ʼn staalpyp en vuurwapen aangerand. Haar regterbeen en neus is in die aanval gebreek. Die twee mans het die egpaar vasgebind en ʼn matras oor hulle gegooi. Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Bloemfontein Mediclinic, sê die egpaar sterk goed aan. “Hulle is van hoësorgeenheid na ʼn gewone saal oorgeplaas. Hulle is albei stabiel.” Inwoners beplan intussen om vroeg in Februarie ʼn vergadering te hou oor misdaad in die area.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

mina ·

hulle moet van die ministers se geld vat vir die hospitalisasie van die slagoffers van plaasaanvalle miskien sal hul dan wakker skrik

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.