BFN-seuntjie deur weerlig doodgeslaan

weerligʼn Seun van Noordhoek in Bloemfontein is Woensdag deur weerlig doodgeslaan.

“Die seun het tydens ʼn donderstorm oor ʼn oop stuk veld gestap toe die straal hom getref het,” het Christo Venter, woordvoerder van ER24, gesê. “Paramedici het die seun in die veld aangetref. Hulle het probeer om hom by te bring, maar hy is op die toneel dood verklaar.”

Die seun se naam en ouderdom is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.