BFN-vrou op kleinhoewe aangeval

‘n Vrou van Bainsvlei buite Bloemfontein is Dinsdag met ‘n gebreekte bottel op haar kleinhoewe aangeval.

“’n 25-jarige man is binne minute na die voorval in hegtenis geneem terwyl hy vir ‘n taxi in Bloemfontein gewag het,” het kaptein Chaka Marope, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. Die 32-jarige vrou was omstreeks 09:00 besig met haar huishoudelike take by haar huis in Lunalaan toe die aanvaller haar verras het. Hy het geld en ander waardevolle besittings geëis.

Die vrou het terugbaklei en die man het haar glo verskeie kere met die gebreekte bottel in die kop en lae rug gesteek. “Sy kon na een van die kamers vlug waar sy ‘n paniekknoppie gedruk en die polisie ontbied het,” het Marope gesê.

Die man het glo oor ‘n geslote hek gespring en deur die kombuisdeur toegang tot die huis bekom.

Die man het kontant, wat moontlik by die vrou gesteel is, in sy besit gehad. Marope sê die man sal binnekort in die landdroshof in Bloemfontein verskyn op aanklag van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.