Bheki Cele dalk afgedank

Die nasionale polisiehoof, Bheki Cele, is glo deur president Jacob Zuma afgedank. Foto: GCIS

SAUK-nuus het betroubaar verneem dat Bheki Cele, die geskorste nasionale kommissaris van die polisie, afgedank gaan word.

Verlede maand het die raad van ondersoek aanbeveel dat Cele afgedank word. Hy is verlede jaar geskors ná Thuli Madonsela, die openbare beskermer, bevind het dat Cele onwettig opgetree het met ‘n huurooreenkoms vir polisiekantore. Die ooreenkoms was R1,7-miljard werd.

-RSG

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.