Bibliotekaresses en administratiewe personeellede van die Nelson Mandela Bay-munisipaliteit in die Oos-Kaap se verkeers- en lisensiëringsentra het begin staak.
“Ons is besorg dat die staking ‘n ongerief veroorsaak vir die publiek en ons doen alles in ons vermoë om spoedig ‘n oplossing te kry,” het die stad Dinsdag in ‘n verklaring gesê.
Die munisipaliteit het gesê daar is ‘n paar pogings aangewend om ‘n raadsvergadering te reël om die saak te bespreek, maar dit het nie gebeur nie, aangesien sommige politieke partye dit glo nie prioritiseer het nie. “Ons burgemeesterskomitee sal die saak Woensdag onder die loep neem om die pad vorentoe te bepaal. Intussen kan die publiek verseker wees dat geen biblioteekboetes tydens die staking sal oploop nie en gebeurlikheidsplanne is in plek gestel vir diegene wat dienste van ons verkeersdepartement verlang.”
Die stad het nie aangedui watter eise die werknemers gemaak of watter vakbonde betrokke is nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Ja-nee kyk, nou het almal al ‘n beurt gekry om te staak – volgende is seker die roomys-karretjies, vir watter rede ookal.
Ek sal dit waag om vir my werkgewer te se ek wil staak, of ek gaan staak – een kyk en ek weet ek is weg.
Naand Trippie. My laaste kommentaar vir die dag. Ek wonder waneer die klein bedelaars en gom suigers gaan staak. Ai sal dit nie n verligting wees nie. Hier in die Kaap staan op elke hoek bedelaars wit en swart.
Glo nie iemand sal agterkom as die spul staak nie.
Nag trippie. Lekker slaap met 1 oog oop vir die wetters.
Nag jasper en kie.