Bibliotekaresses staak

biblioteekBibliotekaresses en administratiewe personeellede van die Nelson Mandela Bay-munisipaliteit in die Oos-Kaap se verkeers- en lisensiëringsentra het begin staak.

“Ons is besorg dat die staking ‘n ongerief veroorsaak vir die publiek en ons doen alles in ons vermoë om spoedig ‘n oplossing te kry,” het die stad Dinsdag in ‘n verklaring gesê.

Die munisipaliteit het gesê daar is ‘n paar pogings aangewend om ‘n raadsvergadering te reël om die saak te bespreek, maar dit het nie gebeur nie, aangesien sommige politieke partye dit glo nie prioritiseer het nie. “Ons burgemeesterskomitee sal die saak Woensdag onder die loep neem om die pad vorentoe te bepaal. Intussen kan die publiek verseker wees dat geen biblioteekboetes tydens die staking sal oploop nie en gebeurlikheidsplanne is in plek gestel vir diegene wat dienste van ons verkeersdepartement verlang.”

Die stad het nie aangedui watter eise die werknemers gemaak of watter vakbonde betrokke is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

Ja-nee kyk, nou het almal al ‘n beurt gekry om te staak – volgende is seker die roomys-karretjies, vir watter rede ookal.

Ek sal dit waag om vir my werkgewer te se ek wil staak, of ek gaan staak – een kyk en ek weet ek is weg.

vuurvreter ·

Naand Trippie. My laaste kommentaar vir die dag. Ek wonder waneer die klein bedelaars en gom suigers gaan staak. Ai sal dit nie n verligting wees nie. Hier in die Kaap staan op elke hoek bedelaars wit en swart.

Trippie ·

Vuurtjie, kon alweer nie help om te lag nie. Moet byvoeg, my roete werk toe en terug is net so frustrerend, by elke kruising staan hierdie bedelaars … en as hulle nog net gestaan het, maar dit loer selfs binne-in die motor in, en dis dan wat ek meer as katvoet is.

Pas jouself mooi op … rustige, geseende nagrus vir jou.

Sien more weer ;)

Eben ·

WTF!!! …. Dankie tog ek kry die Huilgenoot nie daar! Weg met die Bib, Internet en e-book kan nie staak!

Amy ·

Dooie donkie!!! Wat nog!!! Ek dink ek gaan ook staak. (maar ongelukkig laat my Unie my nie toe om te staak nie).- My salaris is pateties na 23 by my maatskappy (wat toevallig ‘n Bank is). En geen huis -en petrol-toellaag nie. Ek is op my eie daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.