“Bid vir hom. Ons doen,” sê Brittz toe verkragter gevonnis word

Hettie Britz

“Bid vir hom. Ons doen.” Só het Hettie Brittz, vrou van die gospelsanger Louis Brittz, vandag reageer nadat haar verkragter gevonnis is.

“Vandag op Madiba-dag is my verkragter vir 43 jaar tronk toe gestuur, waarvan hy minimum 20 jaar moet uitdien. Toe dit met Madiba gebeur het was baie mense bly en selfvoldaan…Ek is nie bly oor hierdie vonnis nie, al is ek oortuig dis wetlik korrek. Hy het immers nog ʼn vrou na my verkrag en vir haar baie wreed seergemaak.” Brittz is die oggend van 9 Februarie 2010 verkrag nadat vier mans by haar en haar man se huis in ’n veiligheidsbuurt in Centurion ingebreek het. Een van die mans het Hettie verkrag. Vier verdagtes is kort na die voorval in hegtenis geneem. Brittz sê daar het egter nooit iets daarvan gekom nie en sover sy weet is die saak teruggetrek. Brittz se verkragter Levy Mapadimeng is in Oktober 2011 in hegtenis geneem. Hy was betrokke by die bendeveragting van ʼn vrou in Mamelodi en het DNS-toetse hom positief met Brittz se verkragting verbind.

“Hy verdien sekerlik hierdie straf. Ek weier egter om ooit te vier dat iemand anders weggesluit word soos ʼn verroeste kruiwa. Levy het ʼn naam, ʼn roeping en ʼn doel en hierdie is nie dit nie. Geen wit Afrikaner sou gedink het Nelson Mandela kan ʼn held word nie. As ek die enigste een is wat glo Levy as mens het waarde en kan in die hande van die Here herskep word, sal ek verbaas wees. Want ek en jy wat hier lees, is mos self deur ʼn God van tweede kanse getransformeer. Hoekom nie ook hy nie?” Brittz sê volgens haar is daar twee tipe verkragtings naamlik verkragting weens wellus en verkragting om te vernietig. Talle Suid-Afrikaners was geskok oor die manier waarop Hettie en Louis die verkragting hanteer het nadat Hettie geen teken van trauma of hartseer getoon het nie.

“Ek kan verstaan hoekom Ina Bonnette reageer soos wat sy doen. My kind is nie langs my doodgeskiet nie, ek het nie seer gehad nie, ek is nie brutaal seergemaak soos sy nie. Kotzé wou haar vernietig.” Johan Kotzé, Bonnette se eksman, is Woensdag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy haar gemartel en sy drie handlangers haar verkrag het. Haar seun Conrad (19) is tydens die voorval doodgeskiet. Brittz sê terwyl Levy haar verkrag het, het hy haar glad nie seergemaak, gevloek of hardhandig hanteer nie. “Dit was ʼn wellustige verkragting. ʼn Vrou wat die slagoffer is van ʼn verkragting wat ten doel het om haar te verwoes beleef dat iemand haar wil doodmaak en ander trauma, nie soos iemand wat net jou lyf gebruik om plesier te kry nie.” Brittz sê sy was vasgebind toe sy verkrag was en wou nie skreeu nie aangesien sy geweet het haar dogtertjies sou wakker word en dan moontlik ook verkrag geword het. Sy en haar man is omstreeks drie ure deur die aanvallers aangehou en het die een haar verkrag kort voor hulle gevlug het. Brittz sê aangesien die aanvallers reeds ʼn geruime tyd in die huis was voor sy verkrag is, het sy tyd gehad om met die Here te praat. “Ek het tyd gehad om te besluit hoe ek sou reageer.”

“Levy het my op Oukersdag uit die gevangenis gebel en om vergifnis gevra. Hy het gesê: ‘I do not have a gift for you only a sincere apology.’ Hy wou ook met Louis praat maar hy was nie tuis nie.” Brittz sê sy het later besef iemand het namens Levy gepraat want sy Engels was baie swak en dat hy vermoedelik iemand voorgesê het. “Hy het nie my lewe vernietig nie. Ek is wel bly dat hy vir tyd en wyl geen ander vrou kan seermaak nie. Ek is dus bly vir Susanna [regte naam weerhou], my medeklaagster in hierdie saak, se onthalwe. Anders as Kotzé [die sogenaamde Modimolle-monster] het Levy skuldig gepleit en berou getoon. Bid vir hom. Ons doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

D brooks ·

Mev jy is lelik deurmekaar en weet nie waarvan jy praat nie! Ons familie is verwoes na my ma se verkragting en jy praat van die ou of hy n held is! Jy moet dringend n sielkundige gaan sien ! Ons is ook gelowiges en wragtig hy moes gestenig geword het! Daars nie grade van verkragting nie! Hulle moet almal lewenslank sit!!

Nell ·

Hierdie vrou is reg. As ons nie vergewe nie, hoe wil ons he dat ons Vader ons moet vergewe. Hettie, jy is n voorbeeld vir ons almal.

Marinda Hibbers Pretorius ·

Ek het nie woorde nie, is jy ernstig…wellustig, glad nie seergemaak….ek is inteendeel baie bekommerd oor jou redenasie van die hele saak, en dat daar nog mense is wat se hul bewonder jou…GEE KRAG

Soekie ·

Vergrype aan iemand anders se liggaam is afskuwelik!! Des te meer as dit iemand is wat jy ken en hy loop nog vrylik rond, terwyl jy worstel met die gedagte of jy kans sien vir n uitmergelende hofsaak.

Soekie ·

Ek bid vir so iemand… o hel, sy naam sal nie eers oor my lippe wil kom nie..

Fransie Vermaak ·

Hoe op aarde kan hierdie vrou haarself regverdig? Haar hare is pers om verkragting en misdade teen kinders en vroue te ondersteun maar dan spreek sy haarself uit soos hierbo??

Louise ·

Nee, mev ons bid vir jou. My dogter is sielkundig geknak vir die res van haar lewe. Daar is nie ‘n manier dat ek vir die skuim sal bid nie. Jy het regtig hulp nodig. Moenie die slagoffer wees nie, want dit is jy beslis op hierdie oomblik. As almal die ander wang draai gaan elke vrou in Suid Afrika verkrag word. Jy help hiermee. Dink daaraan.

Hannes De Beer ·

Nee wat Hettie,
Dis net mense soos jy met ‘n verwronge sin vir regpleging, wat ‘n verkragter sal vrylaat sodat hy kan voortgaan en ander onskuldige vrouens verkrag.
Sal jy aanbied dat hy jou maar weer kan kom molesteer as die drang hom weer oorweldig?

Willa ·

Sy skep die indruk dat sy dit erg berou dat Levy gestraf is. Of dit haar grootste wens was dat hy vry rondloop en sy wellus op elke tweede vrou bevredig. Ek is ook ‘n kind van God en daarmee saam ‘n “firm believer” van vergifnis, want haat is vernietigend!!! Jammer as ek onbeskof klink – haar vergewinsgesindheid is so oordrewe soetsappig en abnormaal, dis eintlik irreterend!! As u dan so sterk voel daaroor dat hy die volgende “Moeder Teresa” kan uitdraai, me Brittz, vat die regstelsel aan en baklei u vuiste af vir sy spoedige vrylating!

Johan ·

Waaksaam, dis ‘n vieslike opmerking. Ek sidder om te dink wat alles in jou kop aangaan.
Jesus het die mense wat Hom vermoor het vergewe terwyl hulle besig was om dit te doen.

Waaksaam ·

Johan, was jy al verkrag ? …. nee, so jy sal nie weet wat in my kop aangaan nie !! dis beter jy gaan preek op ‘n ander plek.

Johan ·

Waaksaam, my opmerking het niks daarmee te dien of iemand al verkrag is of nie.
Jy sê dat sy dit geniet het, en daarmee is jy besig om haar onnodig te beledig.

EBTfan ·

Whatever !!! Let’s just agree to disagree …. ek het nie die tyd of krag om ‘n debat met iemand met jou mentaliteit hieroor te debateer nie !

Melissa ·

Shoe! Ek weet ook nie so mooi nie, sy klink half delusional, almal verwerk seker sulke situasies anders, maar goeie bl*ksem dis bietjie uiterste.

Adri ·

Hettie, God is tevrede met hoe jy hierdie situasie hanteer en dit is al wat saak maak. Hy is trots op jou. Dit is waarvoor Hy Sy Seun gestuur het. Vergifnis vir elke sondaar. Jy is vir my ‘n wonderlike voorbeeld en deur jou getuienis en vergifnis van Levy hoop ek, gaan hy die Here vind. Dis net deur vergifnis wat ons werklik vry kan wees, en dis nie vir almal ‘n maklike pad nie. Maar die vrede wat jy gaan ervaar wanneer jy vergewe het, is ‘n wonderlike beloning.

Hannes De Beer ·

Jy kan jou vergifnis beoefen so dikwels as jy wil, maar dit het niks uit te waai met die feit dat ‘n gedrog soos hy aan die gereg uitgelewer behoort te word, en elke minuut van sy welverdiende straf moet uitdien nie.

As jou vergifnis vereis dat die krimineel losgelaat behoort te word op ander niksvermoedende vroue, dan is jou vergifnis net so goedkoop soos Hettie s’n.

Ek dink nogal ‘n doodsvonnis sou meer gepas wees.

Louise ·

@Adri, God is tevrede met hoe jy hierdie situasie hanteer en dit is al wat saak maak?! Hoe weet jy dat God tevrede is met hoe sy dit hanteer he. Agge nee man, dis ‘n klap in die gesig van ander Christene wat deur soortgelyke situaties gegaan het. Asb spaar ons die melodrama. Is jy al verkrag? Het jy ‘n oordraagbare siekte opgedoen? Het jy heeltemal perspektief verloor oor die onreg wat jou aangedoen is. MOET ASB NIE NAMENS GOD BESLUIT NIE. JY HET NIE DIE REG OM DIT TE DOEN NIE. VIR WIE IS DIE HEL VOORBEREI AS ALMAL KAN MAAK WAT HULLE WIL EN ONS VERGEWE NAMENS GOD?

Hettie ·

Ek wens ek kon met elkeen van hierdie briefskrywers koffie drink… ek sou hulle vra om als te vra wat hulle wil weet en in my oë te kyk terwyl ek antwoord. Want ons almal weet mos teen die tyd dat koerantstories nooit die volle verhaal kan vertel nie. Maar julle sal nie kom nie want julle is bang vir wat julle dalk in my oë sal sien – vryheid, vreugde, vrede, hoop, genesing, lewe! En baie baie deernis vir elke vrou wat nie so lig soos ek daarvan afgekom het nie. Dis vir hulle wat ek al die afgelope 3 jaar opstaan en veg. Maar let wel- ek veg VIR hulle – spesifiek teen die leuen dat verkragting ons einde is, want dit is meer vernietigend as wat ‘n man aan mens kan doen! Daar is ‘n beter pad na genesing as hierdie wêreld se reg en geregtigheid!

Engela de Klerk ·

Hettie, laat jou positiewe getuie jou boodskap wees – om te vergewe maak immers vry!! Maar jy het hoegenaamd GEEN reg om met jou land se wette teen misdaad in te meng nie. Jou verkragter het ook iemand anders’sn geword en met veel erger gevolge. . Goddank hy is gevange geneem. Laat hy sy straf uitdien en ja, bid vir hom sodat hy bevryding sal vind!

Annari du Plessis ·

Liewe Hettie Brittz Persoonlik Ek het gaan loer op http://www.maroelamedia.co.za en ja ek huil in my hart. Wat het van ons land en sy mense geword. Ons gun mekaar nie eers meer ‘n eie pad van genesing en hoe ons dit elkeen uniek ervaar nie, nee ons verslind mekaar met woorde. Go Purple is die veldtog vir HOOP, GENESING en OORWINNING en teen GEWELD en VERKRAGTING en dit is wat jy en Ina Bonnette en elke ander slagoffer is….n gesig en stem vir juis dit. Geweld en haatspraak kan nooit n ander optrede van geweld en haatspraak regmaak nie.Ons almal het in die veldtog gekies om te hardloop in die nuwe wedloop wat begin met geweld of verkragting en ons het ook gekies om dit saam met ons Here Jesus te doen. Ons weet ons kan dit nie sonder Hom doen nie. Seer kan nooit vergelyk word nie, net so kan genesing ook nie met mekaar vergelyk word nie. Ons is almal uniek, GOD het ons so gemaak en daarom stap elkeen sy eie pad saam met Hom wat ons uiteindelik vry maak. Die Woord se selfs dat ons, ons heil moet uitwerk met vrees en bewing. Ek juig saam Hettie vir haar totale genesing selfs die vergifnis vir haar verkragter en ook haar begeerte om vir hom te bid…Chrisna Junius wie se verhaal volgende week in die Huisgenoot gaan verskyn bid ook vir die man wat haar verkoop het en vir 13 maande lank laat verniel het…suy het hom nie eers laat toesluit nie…Ek juig ook saam Ina oor die geregtigheid in haar saak en die vonnis wat oor haar aanvallers uitgespreek is, maar ek verstaan haar hart dat sy nog nie by die plek van vergifnis is nie..sy is by die Here dit weet ek maar sy worstel met Hom oor die vergifnis ding en ek eer haar daarvoor..en dan staan ek ook by die vrou of man wat tot vandag toe nog nie geregtigheid gesien het nie..sy is verniel, haar saak het nerens gegaan nie en sy hou nog vas aan daardie nag toe haar diepste wese vernietig is en sy haar lus vir die lewe verloor het…ek wil juis by haar staan…ek wil haar koester en oortuig dat daar vir haar lewe is, dat sy moet opstaan en moet begin hardloop en dat sy die dood moet afgooi…ek wil haar ophelp en vir haar gesigte en stemme bring wat vir haar kan fluister JY KAN…en ja dan wil ek ook by die verkragter staan….daar was die dag wat ek die verkragter teen my bors vasgedruk het…ja teen my bors vasgedruk het en vir hom gese het….jong man die Here haat wat jy gedoen het, Hy haat jou nie…hy het so gehuil en daardie aand het ek vir hom ‘n bybel in die selle geneem en hom na JESUS gelei saam van ons vrywilligers……Jesus het ook vir hom gekom…noem my mal, noem my ‘n draadsitter ek gee nie om nie…ek wil soos my JESUS wees wat n hart gehad het vir alle mense, ja vir die sondaar ook en wat juis vir die sondaar op die kruis op GOLGOTA gaan sterf het sodat ons kon lewe……Ek salueer elke persoon wat braaf na geweld of verkragting opstaan en die wedloop begin hardloop…saam ons JESUS en in sy of haar eie tyd…Die Here het my kom stroop van oordeel maar in my ‘n liefde geplaas wat ek nooit sal prysgee nie, nie eers om JOHAN KOTZE te haar vir wat hy aan Ina gedoen het nie. Ek haar die booswig se dade maar daar kan nooit in een hart plek wees vir haat en liefde nie….dit is of haat vir alles en almal of liefde vir alles en almal…….

Leane ·

Geen normale mens sal die situasie soos jy hanteer nie, dis net nie reg nie ! Die seer wat mens ervaar tydens en na die verkragting is glad nie soos wat jy, Hettie, dit verduidelik nie. Jy kom voor asof jy so sterk mens is , maar ek is seker jy huil soms daaroor , ek is seker net die idee daarvan breek jou soms , jy het net nie die “guts” om dit vir almal te se nie. Jy is bang wat die mense van jou gaan dink as jy regtig gaan se wat jy voel ! Hou op om die heeltyd sterk te probeer wees voor mense! n man wat n vrou verkrag is nie oky nie !! Hulle MOET gestraf word !! Ek struikel nog elke dag met die heelword proses , dit word nie beter die dag nadat dit gebeur het nie, dis n baie lang proses ek huil my soms nog aan die slaap , ek dink sommige dae konstant daaraan !! Hettie , ek dink regtig jy moet met iemand gaan praat !!!

LP ·

Die Bybel se moet ons (Christene) vergewe. Efesiërs 4:32 verklaar, “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het”. Kolossense 3:13, “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe”.

Ek het Hettie al hoor praat oor wat met haar gebeur het. Die boodskap: om ander te vergewe net soos God ons ook vergewe. Ek het daardie dag geleer dat ek die krag, vermoë en die wil het om ander te vergewe. En dit werk – inplaas om ‘n wrok in my hart rond te sleep wat my elke dat verteer is ek VRY en kan ek aanbeweeg…met nuwe oe na my situasie kyk en my hart is lig!

Die Bybel vertel ons, ons moet vergewe sonder enige voorwaardes, selfs as iemand nie berou het nie. Indien ons weier om te vergewe wys dit dat ons nog kwalik neem, dat daar bitterheid en dat daar woede in ons is, al hierdie is tekens wat nie by ‘n Christen hoort nie.

In die Here se Gebed vra ons God om ons sondes te vergewe net soos ons ook die wat teen ons gesondig het vergewe (Matteus 6:12). Jesus sê in Matteus 6:14-15, “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”

Wanneer ons een van God se wette verontagsaam dan sondig ons teen Hom. Wanneer ons ander mense te nakom is dit nie net teenoor daardie persoon nie maar ook teenoor God. Indien ons besef hoe God al ons oortredinge vergewe sal ons erken dat daar geen rede kan bestaan hoe ons hierdie genade (vergifnis) van ander mense kan weg hou nie.

Ons het baie meer teen God gesondig as wat enige iemand teenoor ons kan sondig. Indien God al ons sondes vergewe hoe kan ons weier om ander se sondes teenoor ons te vergewe? Jesus se gelykenis in Mattheus 18:23-35 verduidelik hierdie aspek baie goed. God belowe as ons na Hom toe kom en vra dat Hy ons moet vergewe dan sal Hy dit vrylik doen (1 Johannes 1:9). Die vergifnis wat ons toestaan moet net so ook geen limiete hê nie, net soos God se vergifnis geen limiete toon nie (Lukas 17:3-4).

Vir my is dit duidelik dat Hettie “vry” is, van die verkragter en moontlik die negatiewe kommentaar teenoor haar wat gepubliseer word want….sy het almal moontlik reeds vergewe en aanbeweeg….

Carel ·

My vrou is al vir amper 6 jaar in n koma na n operasie. Ek moes ook n pad loop van vergifnis. Ek glo Die Here gaan haar volkome genees. Op ons journey het ek al baie mense ontmoet wat ook in so toestand was wat volkome genees het. Ook is daar mense wat nie genees is nie. Is ek kwaad as ek met mense gesels wat genees is, en van hulle ervaringe hoor en waardeer hulle families moes gaan op hulle genesings pad met die wete my vrou is nog nie genees nie. Nee…. ek is nie kwaad nie.

Ek weet ek is nie verkrag nie….maar my en my vrou plus ons 2 klein dogtertjies se lewe is “verkrag”

Hettie het n amazing getuienis van hoe sy emosionle genees is. Hoekom word sy so uitgehaal as sy vertel hoe sy genees is en hoe sy vergewe het! Eke persoon se pad tot genesing is nie dieselfde nie. Sommige se genesing is onmiddelik sommige. Ek het met Hettie gesels kort na haar verkragting. Daar was vrede en liefde in haar oe. Ek glo dit is dieselfde vrede en liefde wat Jesus in sy oe gehad het toe hulle hom so geslaan het.

Hannes De Beer ·

Die feit dat Hettie haar eie vergifnis-takie verwar met billike regspleging in ‘n krimineel-geteisterde samelewing, gee my die idee dat sy erg verward is.

Haar plig as “gelowige” is seker om die gemors te vergewe, en haar plig as wetsgehoorsame landsburger is seker om haar te beywer om sulke gemors uit die samelweing te verwyder.

Niks verhinder hom mos om al tien sy “tweede kanse” in die tronk te gaan opgebruik nie, en as sy voel sy oefen wraak uit deur hom regtens te vervolg, het sy nog nie ware vergifnis beleef nie.

‘n Mens kry die idee dat sy meer behep is met sy “tweede kanse” as met ander moeders en dogters se beskerming teen barbare wat ‘n skraal kans op rehabilitasie het, selfs met al haar vergifnis en gebede.

Anita ·

Aan almal wat nie Hettie se gesindheid heens Levy verstaan nie: Dit is te verstane dat jy dit nie sal verstaan nie as jy nog nooit self die vergifnis gesmaak het wat van God self af, vir jou, deur die Kruisdood van Jesus, kom nie. Hierdie is die hart van Christenskap: Die Kruisdood van Jesus om versoening tussen ons en die Vader moontlik te maak, en vergifnis vir al ons sonde MITS ons hierdie geskenk van genade in ontvangs neem. Sy Kruisdood maak ook vergifnis en versoening tussen mense moontlik. Jy wat so vir Hettie kruisig omdat sy vir Levy kan vergewe en vir hom bid, jy het nog nooit werklik die boodskap van Jesus verstaan nie. Dit is verskriklik jammer, maar dis nog nie te laat vir jou nie en ek vra vir God om vir elkeen van julle ‘n openbaring van hemelse waarheid te gee. Maar tot nou toe het jy nog nooit sy liefde gesmaak nie. Omdat jy nog nooit hierdie genade ontvang het nie, sal jy ook nie verstaan hoekom iemand (soos Hettie) genade wil betoon nie. Hoekom moet sy haat in haar hart koester en met ‘n suur gesig rondloop as sy kan vrede he en ‘n glimlag daarby? Dis vir vryheid wat Jesus ons vrygemaak het. Weet julle dan nie dat daar ‘n tweede dood is vir hulle wat doodgaan sonder Jesus nie? Jy wat vir Levy die hel toewens, het jy enige idee waarvan jy praat? Die hel is nie net vir verkragters nie, maar vir leuenaars en diewe. Het jy nog nooit gelieg op jou belastingopgawe nie? Het jy nog nooit ‘n wit leuen vertel nie? Die hel is vir jou ook. Maar vergifnis in Jesus is EWE veel vir jou en vir Levy, MITS jy dit KIES (en ek hoor Levy het reeds vir Jesus gekies…) Ek kan ook die man wat my vriend doodgeskiet het vergewe en vir sy saligheid bid, want my vriend is by Jesus (daarvan is ek seker), maar daardie man gaan vir ewig in die hel wees as hy nie ‘n ontmoeting met Jesus het nie, en selfs my oorle vriend sou wou he ons moet vir hom bid. Ek kan hom vergewe want ek is vergewe. Hoekom moet ek my skuldig maak aan haatspraak? Het Jesus vir Levy ook gesterf of nie? Hy het vir my vriend se moordenaar ook gesterf. Jy wat hier lees, as jy hierdie dinge nie verstaan nie, dan wil ek jou vra om op die volgende skrifgedeelte te gaan mediteer: 1 Kor 1:18 “Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God”.Lees gerus tot by vers 31 in jou Bybel. Vers 27:”En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam”. As jy die boodskap van die Kruis van Jesus verstaan, sal jy ook Hettie se boodskap en getuienis verstaan. Tot dan, sal jy soos Paulus se, dit alles net sien as “onsin”. Mag elkeen van julle wat hier lees, die liefde en genade en vergifnis wat kom van Jesus vir jou, smaak, daarop reageer, verander word, sodat jy aan ander die genade kan betoon wat jou betoon is.

Adri ·

Amen Anita! En ek bid vir elkeen wat dit nog nie verstaan nie. Mag hulle ook hierdie vrymakende waarheid begryp en mag dit vir hulle die vrede bring wat hulle so nodig het.

Chantel ·

Jesus het op die kruis gesterf vir ELKEEN van ons se oortredinge, ook Levy sin.
God sal elkeen van ons vergewe op die manier wat ons ANDER vergewe.
Laat ons dan mekaar in liefde verdra en toelaat dat elkeen ons pad van vergifnis en vryheid stap.

Hannes De Beer ·

Chantel,
Ek stem heelhartig saam met jou. Daar is seer sekerlik vir hierdie verwoester, hierdie vernietiger, ook ‘n kans op redding en regverdigmaking.

Aangesien daar egter hier op aarde geen of weinig hoop op rehabilitasie is vir verkragters, Vigs-vesrspreiders, pedofiele en kindermolesteerders, stel ek voor dat die evangelie volgens die volgende voorskrif aan sulke mense bedien word – “Om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.”

Dink jy nie ook dit is uiters billik en grootmoedig nie?

Anita ·

Hannes, die eerste reel van Bybel interpretasie is om ‘n skrifgedeelte in sy konteks te interpreteer. Die gedeelte in 1 Kor 5 waarna jy verwys, het betrekking op Christene wat afvallig geword het en in vreeslike sondes verval het. Dit het nie betrekking op mense wat nog nooit die Here geken het nie. Mens kan nie van iemand wat onder Satan se mag is, verwag om Heilig te lewe nie. Maar wanneer so iemand tot bekering kom, kan jy hom versorg soos mens ‘n geestelike baba moet versorg. Daar is BAIE hoop vir ENIGE sondaar, verkragters, molesteerders, moordenaars, om tot inkeer te kom en deur ‘n pad van dissipelskap met hulle te stap, hulle te rehabiliteer. Jesus is die enigste antwoord vir hulle. Geen sekulere rehabilitasie program sal werk as Jesus nie die hart daarvan is nie.
Hannes, jy is nie die apostel Paulus nie en sover ek kan aflei is jy ook nie ‘n kerkleier nie. Moet liewer niemand aan die Satan oorlewer nie. Dis nie jou plek om eers so iets te noem nie. Jy sit nie op die regterstoel van die mensdom nie. Vra liewer vir God om vir jou ‘n openbaring van sy genade en liefde te gee sodat jy in staat sal wees om werklik te vergewe en vir hulle te bid wat nog nie deur die liefde van God verander is nie.
Om iemand te vergewe, beteken nie om vir hom die groen lig te gee om maar weer voort te gaan met sy sonde nie. Jesus het immers vir die vrou wat in owerspel betrap is, gese “Ek veroordeel jou ook nie; gaan en sondig nie meer nie”. Om iemand te vergewe beteken nie om vir hom te se hy is eintlik nie skuldig nie en verdien nie straf nie. Maar om iemand te vergewe, beteken net dat jy nou jou reg om te “retaliate’, om aan hom te doen wat hy aan jou gedoen het, op te gee. Wat verder met hom gebeur is tussen hom en God. En God wat alles sien, is die beste Een om in die regterstoel te sit. So kom ons staan net terug en bid net vir mense wat nog nie vir Jesus ontmoet het nie. En bid dat God daardie persoon tussen ander Christene sal plaas wat hom kan leer en help om die regte pad te stap. Wanneer God so iemand oor jou pad bring, kan jy moet hom ‘n pad van dissipelskap stap.

Liza ·

Glo ons vandag nog God is tot enige iets in staat deur Hom wat ons die krag gee?

Bertus le Roux ·

Ek wil nie tot die debat toetree nie want elkeen dink maar oor vergewing soos wat tyd en omstandigheid hom toelaat. Anita en ek was beide nou betrokke by die ontydige dood van ‘n dierbare vriend en sy familie se smart was en is ook ons pyn. Hy was summier doodgeskiet tydens ‘n huisroof sonder enige provokasie of teenstand. Ons mis hom baie. Niemand was gearresteer nie en dit is nou al meer as ‘n jaar. ‘n Tipiese huisroof deur ‘n bende.

Daarna het ek en my vrou Hettie persoonlik ontmoet. Sy was vir ‘n uur of so by ons aan huis tydens ‘n besoek aan Nelspruit. Die man waaroor hier debat gevoer word was toe nog nie gevonnis nie. Ons het ook nie gepraat oor die gebeure waaroor die saak gegaan het nie. Die talentvolle vrou het ‘n baie besondere indruk by my gelaat. Ek moet erken dat ek ook skepties was oor haar houding na die gebeure en daarom het ek begrip vir baie mense se sinisme oor haar siening van die vonnis.

Ek het ongeveer veertig jaar ondervinding op die regbank, merendeel kriminele sake en nou staan ek in die regspraktyk. Deur die loop van jare het ek my eie siening ontwikkel in verband met die aspek van vergewing, vergifnis, selfs ook met betrekking tot die tevredenheid en vredemaking wat slagoffers ervaar na vonnisoplegging. Die indruk wat ek van Hettie gekry het is dat daar soveel mooi goed in haar lewe aan die gang is en dat dit waarmee sy haar talente uitleef tot so ‘n mate mens-gerig is, dat daar kwalik plek vir haat en sy ander lelike maters in haar verwysingsraamwerk is of kan wees. Uiteraard sien sy dan ook in dat die reg sy gang gegaan het.

Na ons ontmoeting met haar, dink ek, verstaan ek dalk vir die eerste keer iets van vergewe – en aangaan met die lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.