Die Britse owerheid sal na verwagting ʼn besluit ondersteun om die naam van die “Big Ben”-horlosietoring in Londen na die Elizabeth-toring te verander.
David Cameron, Nick Clegg en Ed Miliband is van die senior amptenare wat die besluit ondersteun. Die voorstel geniet ook ondersteuning van ʼn meerderheid parlementêre lede, asook Buckinghampaleis.
Luidens ʼn TimesLive berig sal die Britse regering aan die einde van die maand bymekaar kom waar die voorstel deurgevoer sal word. Die besluit is soortgelyk aan ʼn huldeblyk wat koningin Victoria na haar sestigste jaar op die troon ontvang het. Die toring aan die teenoorgestelde kant van die Westminsterpaleis, wat toe as die “Koning se Toring” bekend gestaan het, is na die Victoria-toring herdoop.
Koningin Victoria en haar agter-agterkleindogter, Elizabeth, is die enigste twee koninklikes wat tot dusver ʼn Diamant-jubileum gevier het.
Klik hier vir meer inligting.