‘Bloed het ons gebind’

Maartens van der Merwe en Chané van Heerden. Foto: Facebook

Maartens van der Merwe het gister, nadat hy skuldig bevind is aan die moord op Michael van Eck (23), getuig dat hy en sy verloofde hulle ringe in bloed geweek het om te wys dat hulle aan mekaar verbind is.

Van der Merwe het gister ter strafversagting getuig nadat hy skuldig bevind is aan die moord op Van Eck in 2011 in ‘n begraafplaas in Welkom. Hy het getuig dat hy en sy verloofde Chané van Heerden, wat reeds vroeër skuldig bevind is aan die moord op Van Eck, mekaar gedruk het om ʼn moord te pleeg. “Ons sou dit nooit alleen gedoen het nie. Ons het mekaar gedruk, ek weet.” Van der Merwe het Van Eck se familie in die hof om vergifnis gevra. Hy het getuig dat hy en Van Heerden hulself met messe gesny het en dat hulle dit gedoen het om “saam te wees”. Van der Merwe het getuig dat hy nooit weer ʼn moord sal pleeg nie. “Ek weet ek was verkeerd, ek was siek. Ek kan beter word…Ek weet wat gebeur het was verkeerd, ek ontken niks nie. Ek weet nie hoe ons tot dit (moord) gekom het nie.” Van Heerden is in November 2011 tot ʼn minimum van 20 jaar tronkstraf gevonnis. Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Margriet ·

Laat hulle sit en gooi die sel sleutel weg
Hulle woort nie in die samelewing nie
Altwee is siek in die kop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.