Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens in die Wes-Kaap het ʼn waarskuwing uitgereik dat bloedvoorraad tans baie laag is.
Volgens die bloeddiens kort hulle nog honderde eenhede bloed om te voldoen aan die hoeveelhede wat hospitale benodig. EWN berig die organisasie het sy pogings opgeskerp om mense aan te moedig om bloed te skenk.
Volgens Marelize Mouton, ʼn woordvoerder van die bloeddiens, het hulle tans slegs drie dae se bloedvoorraad tot hul beskikking. Sy sê egter omtrent 700 eenhede is nodig om aan die aanvraag van hospitale te voldoen.
“Verskeie veldtogte om mense aan te moedig om te skenk is regoor die provinsie van stapel gestuur. Ons moet die ekstra eenhede voor die naweek inkry om die ideale hoeveelhede te bereik,” het sy gesê.
Kan julle my dalk se waar ek kan gaan bloedskenk? eks in Moregloed/Waverley Pretoria