Bloeddiens mag nie weer wit mense uit posadvertensies sluit

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Die arbeidshof in Braamfontein het vandag beveel dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) in die toekoms wit mense nie uit posadvertensies mag sluit nie. Die hofbevel beteken dat enige persoon van enige rasgroep in die toekoms vir vakante poste by die SANB mag aansoek doen.

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê die vakbond het namens Theodore Reyneke en Sanet Schönfeldt, wat vir onderskeidelik 28 en 24 jaar in diens van die SANB is, opgetree. “Solidariteit het die SANB hof toe geneem nadat die applikante nie vir bevorderingsposte aansoek kon doen nie omdat hulle wit is. Die bevel is deur die hof uitgereik ná onderhandelinge tussen die partye buite die hof. Tydens die onderhandelinge het die SANB onderneem dat toekomstige vakante poste oop sal wees vir alle aansoekers. Hierdie onderneming het die kern van die bevel van die arbeidshof uitgemaak.”

“Ons is verheug oor die bevel. Die Wet op Gelyke Indiensneming maak nie voorsiening vir kwotas of bevorderingsplafonne nie. Ons vertrou dat hierdie bevel van die hof ʼn boodskap aan ander werkgewers ook sal gee,” sê Hermann.

Die bloeddiens het verlede jaar skeidingspakkette aan wit werknemers bo die ouderdom van 55 aangebied. Sodoende is 14 vakatures geskep. Die vakante poste is hierna geadverteer en die advertensie het aangedui dat slegs swart Suid-Afrikaners daarvoor kon aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lea van Rensburg ·

BAIE DANKIE Solidariteit ! Julle sien waar die onreg is en beskerm en help ons ten alle koste.
Ek is ‘n trotse Solidariteit-lid !!

Thea Kluckow ·

Dit is voorwaar goeie nuus. Sal by die advertensie reels gehou word? Ja. Sal dit egter by werklike aanstellings ook in ag geneem word? Dis n ander vraag. Maklik om 100de mense te laat aansoek doen maar net poste aan sekere 20jr gelede se voorheen benadeelde groepe toe te ken.

Ampie van den bergh ·

Baie mooi . ja dit is tyd dat die regering en sy trawante besef hulle benadeel die land met hulle regstellende optredes, onbevoegde mense word aangestel, dit is hoekom ons land in so n gemors sit,

Ampie van den bergh ·

Baie mooi . ja dit is tyd dat die regering en sy trawante besef hulle benadeel die land met hulle regstellende optredes, onbevoegde mense word aangestel, dit is hoekom ons land in so n gemors sit,
Die beste kanidaat moet aangestel word, x

Adri ·

Blankes mag nou aansoek doen, maar die SANB kan nog steeds aanstel wie hulle wil. Beteken die hofbesvel dan enige iets?

Eben ·

Maar die wit bloed is word benodig! Wonder as die blankes nie meer bloed gaan skenk?

Mike ·

Blankes mag aansoek doen maar daar is geen waarborg dat hulle die poste sal kry nie want die SANB moet die bevolkings demografie van die land weerspeel. BOIKOT DIE SANB! dis die enigste manier in hierdie land om regverdigheid af te dwing.

Conrad ·

Wit mense mag nou volgens die hof aansoek doen, maar gaan hulle aangestel word?

Die land van ons is besig om alles op te neuk. Wit mense se bloed is welkom, maar hulle mag nie daar werk nie (voor die hofuitspraak). Ek kry ons land regtig jammer oor waarheen hy op pad is.

Conrad ·

Wit mense mag nie aangestel word nie, maar ons bloed is ok! Waarheen is ons land op pad!

Wimpie ·

Wat word bereik deur hierdie hofsaak? Wat keer SANB om vorentoe die blanke aansoekers se aansoeke net te ignoreer. Al wat hulle nie mag doen nie is om dit openlik te adverteer. Wat agter die skerms gebeur sal niemand weet. Geen Blanke word meer aangestel nie. Solidariteit- spits julle eerder toe om van die kwota(regstellende aksie)stelsel ontslae te raak. 20 jaar later en ons kinders wat niks daarmee te doen gehad het, kry werk nie – en ons sit met al ons blanke kinders in die buiteland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.